Picture
Daar is stemme en daar is stemme.  Elke dag is ons omring van mense wat sing.  Party móet liewers nie..., en dan is daar díe van wie mens te min hoor!  Gisteraand het ons geluister na ‘n paar stemme wat mens uit jouself vat en in ‘n ander dimensie invoer.  Stemme wat goed ontwikkel is met krag, karakter en wat sing met diep oortuiging.
Arida is ‘n groep vroue met die grootste verskeidenheid van lekker luister liedjies wat ek ooit uit een groep gehoor het.  Hulle sing omdat dit lekker is, en almal wat luister kan die lekker tot in hulle tone voel!  Die mense was gaande, het opgestaan en dans, hande geklap en kon nie uitgekuier raak.

Picture
Sing is egter nie al wat hierdie vroue kan doen..., tussenin is daar ‘n gedurige heen en weer kommentaar lewery wat wys hulle is gemaklik met wie hulle is en voel tuis in hulle eie mens wees.  Elkeen teenwoordig het deel gevoel van die aand en nie asof hulle gekom het om te kyk na 3 sangers wat net op die verhoog pronk nie.  Die aand was om te belewe!

Picture
Kuierbossie was soos gewoonlik weer met ekstra sorg opgemaak vir die geleentheid en daar is geweldige aandag gegee aan die fynere detail in elke tooisel.  Die personeel het met groot moeite omgesien na die gaste en elke bord kos was ‘n proe-ondervinding.  Oor die wyn sal ek nie uitwei nie, maar die mense het gekuier, en gekuier, en gekuier...

Picture
This is your new blog post. Click here and start typing, or drag in elements from the top bar.
8/8/2010 10:27:04 am

Art is long, and time is fleeting.

Reply



Leave a Reply.